Japan: Te min babas, doeke vir grootmense is beter mark

Japan se dalende geboortesyfer het daartoe gelei dat ‘n vervaardiger vandoeke opgehou het om vir babas te voorsien en eerder produksie vir volwassenes te verhoog. Oji Holdings sê hy sal binnelandse produksie van babadoeke in September afsluit, nadat produksie gedaal het van ‘n 2001-piek van ongeveer 700 miljoen jaarliks tot 400 miljoen tans. Die aantal geboortes in Japan het in 2023 tot ‘n nuwe laagtepunt gedaal, met meer as twee keer soveel sterftes as nuwe babas. Japan het die wêreld se oudste bevolking naas Monaco, en die mark vir volwasse doeke sal na verwagting groei.