Japan skenk aan Egiptiese hospitale wat Palestyne help
Japan het 149 miljoen Namibiese dollar beloof om kritieke mediese hulp te verskaf aan Egiptiese hospitale wat beseerde Palestyne uit die Gaza-strook behandel. Die befondsing is in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die Japannese ambassadeur in Egipte, Oka Hiroshi, sê die ondersteuning is daarop gemik om aandag te skenk aan die ernstige mediese behoeftes wat vererger word deur toegangsbeperkings en aanvalle op gesondheidsgeriewe te midde van Israel se konflik met Gaza.