Japan se Kishida gaan topministers afdank

Die eerste minister van Japan, Fumio Kishida, gaan verskeie topministers afdank wat na berig word vir beweerde bedrog ondersoek word. Volgens Japan se invloedryke dagblad, Asahi Shimbun, sal 15 ministers afgedank word, insluitend verskeie adjunkministers. Hulle behoort almal aan ‘n faksie wat voorheen deur die wyle eerste minister Shinzo Abe gelei is, een van ten minste vyf groot groepe wat meeding om invloed en mag binne die regerende Liberal Democratic-party. Aanklaers ondersoek bewerings oor die faksie wat versuim het om derduisende dollar van fonds-insamelingspartytjies aan te meld.