Japan lanseer wêreld se eerste houtsatelliet
Japan het die wêreld se eerste houtsatelliet, LignoSat, na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer. Hierdie palmgrootte satelliet, wat Kyoto Universiteit en Sumitomo Forestry ontwikkel het, sal 400-kilometer bokant die aarde wentel en die duursaamheid van hout vir moontlike maan- en Mars-sendings toets. Die satelliet is gemaak van honoki-hout en LignoSat stel hiermee ‘n hernubare, lae-besoedelings-alternatief bekend vir metaal satelliete. Wetenskaplikes sê indien dit suksesvol is, kan dit toekomstige volhoubare ruimte-konstruksie tot gevolg hê, met toepassings van datasentrums tot maanbehuising.