Japan koop Russiese olie aan, betaal meer as prysperk

Japan koop nou Russiese ru-olie bo die beperking van 60 Amerikaanse dollar per vat. Die land is nou die enigste G7-nasie wat Russiese olie so aankoop. Die land het byna geen fossiel-brandstof van sy eie nie en maak staat op die invoer van gas, steenkool en olie om sy energievlakke te handhaaf. Japan het glo Amerika laat instem tot die uitsondering. Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage sê hierdie stap sal beslis ‘n negatiewe impak op betrekkinge tussen Japan en VSA sal hê.