Japan het groot kommer oor dalende geboortes

Die Japannese regering het ongekende stappe aangekondig weens die land se rekordlae geboortesyfer – insluitend die uitbreiding van kindersorg en groter salarisverhogings vir jonger werkers. Japan het verlede jaar ‘n afname van 5,1 persent in geboortes getoon tot 758 631, en ‘n afname van 5,9 persent in huwelike, wat die eerste keer in 90-jaar tot onder 500 000 gedaal het. Eerste minister Fumio Kishida, noem die dalende geboortesyfer die land se ergste krisis en beoog om die neiging om te draai voor die bevolking teen 2070 met ongeveer 30 persent tot 87 miljoen daal.