Japan gaan op die maan land na historiese ooreenkoms

Die eerste nie-Amerikaanse persoon wat op die maan gaan loop, sal ‘n Japannese ruimtevaarder wees, volgens Nasa. Die Amerikaanse ruimte-agentskap het vroeër die week aangekondig dat hulle saam met die “Japan Aerospace Exploration Agency”, oftewel JAXA, sal saamwerk vir die komende bemande sending na die maanoppervlak, as deel van sy Artemis-program. Die samewerking sal JAXA die kans gun om ‘n maan-rover te ontwerp en te ontwikkel, sowel as twee geleenthede vir Japannese ruimtevaarders om op die maanoppervlak te reis. Masahito Moriyama, Japan se Minister van Onderwys, Kultuur, Sport, Wetenskap en Tegnologie, sê die nuwe ooreenkoms is ‘n simbool van die nuwe era van Japan en die VSA se vennootskap in maanverkennings.

Foto verskaf: NASA