Jandre se vonnisoplegging aan die gang
Die moord-veroordeelde Jandre Dippenaar se vonnisoplegging het vanoggend in die streekshof op Swakopmund begin. Die staat het verlede week Donderdag, toe uitspraak gelewer is, aangedui hy sal getuies ter verswarende omstandighede roep terwyl die verdediging sy eie getuies ook sal roep. Landdros Gaynor Poulton hoor die saak aan. Sy het Dippenaar verlede week skuldig bevind op ses moordklagtes sowel as roekelose bestuur en bestuur sonder ‘n geldige rybewys. Dit kom na die gru-ongeluk in Desember 2014 toe ses mense dood is.