Jandré kry 15 jaar vir gru-ongeluk

Die 41-jarige Jandré Dippenaar is tot 15 jaar tronkstraf in die streekshof op Swakopmund gevonnis. Hy is in Junie in die streekhof in Swakopmund skuldig bevind op ses aanklagte van moord nadat hy in Desember 2014 ‘n gru-ongeluk veroorsaak het. Dit is die eerste keer in Namibië se regsgeskiedenis. Dippenaar het sonder ‘n geldige rybewys bestuur en het voertuie op ‘n blinde hoogte naby Hentiesbaai verbygesteek en reg van voor met ‘n aankomende voertuig gebots en die dood van ses mense veroorsaak. Landdros Gaynor Poulton het die uitspraak gelewer.