Jandre hoor vandag oor vonnis

Vonnisoplegging word vandag verwag in ‘n geskiedkundige hofsaak. Die 31-jarige Jandré Dippenaar is in Junie in die streekhof in Swakopmund skuldig bevind op ses aanklagte van moord nadat hy in Desember 2014 ‘n gru-ongeluk veroorsaak het. Dit is die eerste keer dat iemand in Namibië skuldig bevind word aan moord na ‘n motorongeluk. Dippenaar het sonder ‘n geldige rybewys bestuur en het voertuie op ‘n blinde hoogte naby Hentiesbaai verbygesteek en reg van voor met ‘n aankomende voertuig gebots en die dood van ses mense veroorsaak. Landdros Gaynor Poulton sal na verwagting nege-uur haar uitspraak lewer.