Jan Taks soek sy geld!

Die nuwe belasting-boekjaar het op 1 Maart begin, en Die Namibiese Inkomstediens, NamRA, soek sy pond vleis. Lede van die publiek moet voorberei om hul belasting-opgawes in te dien, verkieslik op NamRA se aanlyn ITAS-portaal, voor die einde van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gepraat wat werkgewers aanmoedig om werknemers hul LBS5-vorms te gee.

Ndorokaze herinner die publiek daaraan om hul besonderhede by NamRA en op die portaal op te dateer.