James Hatuikulipi se uitspraak in AG-saak in Oktober

Die Windhoekse hoërhof sal uitspraak lewer oor die aangeleentheid waarin die Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi, die aanklaer-generaal Martha Imalwa hof toe gesleep het. Imalwa het ‘n bevel van voorlopige beperking teen hom gekry het, wat hom verbied om enige van sy eiendom te gebruik hangende sy moontlike skuldigbevinding op aanklagte in die Fishrot-skandaal. Hatuikilpi vra nou die hoërhof se ingryping om twee bepalings van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad as grondwetlik ongeldig te verklaar. ’n Volbank regters met regters Shafimana Uitele, Herman Oosthuizen en Collins Parker sal die uitspraak op 17 Oktober lewer.