Jakarta wil sy luggehalte verbeter

Indonesië se hoofstad, Jakarta, het met ‘n toetsprojek van twee maande begin vir die helfte van sy staatsdiens-werknemers om van die huis te werk in ‘n poging om luggehalte te verbeter. Die hoofstad en sy omliggende gebiede, wat 30 miljoen mense huisves, het onlangs lugbesoedelingsvlakke van ander besoedelde stede oortref. Omgewings-aktiviste gee steenkool-aanlegte en fabrieke die skuld, maar die regering skryf dit toe aan verkeer en die weer. Die projek, wat ook gemik is op verkeersvermindering voor die komende ASEAN-beraad, sal uitgebrei word, indien dit doeltreffendheid blyk te wees.