Jagters is uiters hoë-waarde toeriste
Die jagseisoen is in volle swang en volgens berigte, lyk besprekings baie goed vanjaar veral na die uitdagings van tydens Covid. Volgens die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging Axel Cramer beslaan professionele jagters tussen 3 tot 5 persent van buitelandse besoekers aan Namibië maar dra meer as ‘n kwart van die totale inkomste vir toerisme by. Volgens Cramer, is ‘n jagter ‘n lae-impak kliënt maar ‘n hoë-waarde toeris. Daar is meer as 600 geregistreerde jagplase in die land en Cramer sê ‘n studie word op die oomblik uitgevoer om te bepaal presies wat die bydrae van die bedryf aan die ekonomie is. Die studie sal veral fokus op privaatplase omdat data in die verband ontbreek.