Jag van probleemdiere verdien geld vir gemeenskappe

‘n Probleemolifant is beskikbaar vir jag binne die Okongoro-bewarea in Kunene-Noord, volgens ‘n kennisgewing van die Namibië Professionele Jagvereniging. Die olifant kan slegs vir persoonlike gebruik gejag word teen ‘n fooi van 20 000 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder, wat verduidelik hoekom dié jagtog geadverteer is en waarheen die geld gaan.