Jag van droogtehulp-wild ‘vorder uitstekend’
Namibië is besig om meer as 723 stuks wild uit te dun, insluitend 83 olifante, om vleis te voorsien aan diegene wat deur ernstige droogte geraak word. Die omgewingministerie beheer die jag in parke en gemeenskaplike gebiede waar weiding en waterbronne beperk is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat ‘n opdatering gee.