Jabeur, Wozniacki byt in Aussie Ope stof

Tennis: Die sesde gekeurde driemalige Grand Slam-finalis Ons Jabeur en die 2018-kampioen, Caroline Wozniacki, is in die tweede ronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Die 16-jarige Rus Mirra Andreeva het Jabeur van Tunisië onkant betrap met 6-stroop, 6-2. Die Russiese kwalifiseerder Maria Timofeeva was een stel agter toe sy teruggeveg en Wozniacki van Denemarke 1-6, 6-4, 6-1 geklop het. Die wêreld nommer vier, Coco Gauff van Amerika, het haar landgenoot Caroline Dolehide, 7-6, 6-2, geklop om na die derde ronde in Melbourne deur te dring.