Jabeur se moeilike jaar duur voort by Rome Ope
Tennis: Ons Jabeur se moeilike jaar duur voort nadat sy in die tweede ronde van die Rome Ope met 7-5, 2-6 en 6-4 deur Sofia Kenin uitgeboender is. Jabeur van Tunisië en negende gekeur in die wêreld, is in ‘n klipharde stryd wat twee uur en 17 minute in die warm sonskyn in Rome geduur het, deur die ongekeurde Amerikaner uitgeskakel. Nadat sy die kwarteindstryd in Madrid gehaal het, het dit gelyk of Jabeur weer op stryk was. Sy was in 2022 die eerste Arabiese en Tunisiese speler om ‘n WTA1000-titel in te palm.