Jaarlikse vervoer-inflasie styg met 9,9% in Februarie

Die jaarlikse inflasiekoers vir die vervoer-kategorie, wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het in Februarie met 9,9 persent gestyg, vergeleke met 13,2 persent wat in Februarie 2022 aangeteken is. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is die styging in vervoer weerspieël in die prysvlakke van aankope van voertuie wat met 5,3 persent gestyg het, vergeleke met 3,7 persent wat in Februarie 2022 aangeteken is. Vervoer se maandelikse inflasiekoers het in Februarie 2023 gestagneer, vergeleke met ‘n inkrimping van 3,2 persent in Januarie 2023.