Jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling op pad!

Die jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling gaan by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo gehou word. Die geleentheid vind op 19 Julie om 11-uur die oggend plaas. ‘n Span telers gaan ‘n topseleksie van 25 Bonsmara-bulle aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met Hella Coetzee van Agra gesels oor die bulle wat aangebied word.

Coetzee het ‘n oorsig gegee van die aansporings vir kopers.