Jaarherdenking van Elizabeth se dood

Dit is vandag ‘n jaar sedert koningin Elizabeth se dood. Sy is op die ouderdom van 96 in Balmoral-kasteel in Skotland oorlede. Haar seun, koning Charles het hulde aan haar gebring en sê die familie, en die hele land, onthou haar met groot liefde en bring eer aan haar vir haar jare se toegewyde diens. Hy sê ook dankie vir al die ondersteuning wat hy en koningin Camilla gedurende die jaar ontvang het. Elizabeth was die langsdienende monarg in die Britse geskiedenis. Sy was vir 70 jaar, van 1952, op die troon.