Ja, Namibië het eie saad nodig vir geharde gewasse

Khomas goewerneur Laura McLeod-Katjirua het by ‘n werkswinkel in Windhoek die dringendheid van wetgewing beklemtoon om ‘n volhoubare saadstelsel te ondersteun, in die lig van Namibië se gereelde droogtes. Sy het die vertraging in die operasionalisering van die Wet op Saad en Saadvariëteite uitgelig, met die potensiaal daarvan om saadproduksie, invoer en uitvoer te reguleer. McLeod-Katjirua het die belangrikheid van saad as ‘n kritieke landbou-inset beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die onafhanklike landboukenner Wallie Roux gesels oor die belangrikheid vir Namibië om sy eie saad te ontwikkel vir droogte of hittebestande gewasse, of vir plante wat nie sensitief is vir kunsmis of chemikalieë nie.