IVP waarsku polisie om uit politiek in KZN te bly

Die Inkhata Vryheidsparty in KwaZulu-Natal waarsku die polisie om uit die politiek te bly. Dit volg na sy provinsiale premierskandidaat, Thami Ntuli, onlangs gekla het oor beweerde teistering en onwaardige behandeling van die polisie en die Durbanse Metropolisie in Cornubia, Durban. Die voorsitter van die IVP se provinsiale Jeugbrigade, Mncedisi Maphisa, sê daar was verskeie pogings om die party se verkiesingsveldtogte te belemmer.