IVP veroordeel die gedrag van Standard Chartered

Die IVP sê hy veroordeel ten sterkste die onregmatige praktyke van Standard Chartered in samewerking met ander banke om die rand te manipuleer. Die Britse multinasionale bank is een van 28 plaaslike en internasionale banke wat beskuldig word dat hulle deel was van ʼn oorkoepelende sameswering om buitelandse valuta te manipuleer. Hy het ingestem om ʼn administratiewe boete van 42,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand te betaal vir sy rol om met die randwaarde in te meng. Die IVP se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê hierdie banke se optrede bring die integriteit van finansiële markte in gedrang: