IVP sal rampfondse fyn monitor

Die IVP in Suid-Afrika sê hy gaan die verspreiding van fondse wat vir rampverligting bedoel is, fyn dophou. Die ANC-regering het ‘n ramptoestand afgekondig as gevolg van die wydverspreide en vernietigende oorstromings in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die IVP se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê deursigtigheid en aanspreeklikheid is noodsaaklik: