IVP gaan regering van nasionale eenheid ondersoek
Die IVP gaan die moontlikheid, lewensvatbaarheid en dinamika van ‘n regering van nasionale eenheid ondersoek, na aanleiding van die ANC se voorkeur vir hierdie moontlikheid. Die IVP se koalisie-taakspan sal met die ANC en ander partye in gesprek tree en ‘n verslag sal Maandag aan die Nasionale Uitvoerende Komitee voorgelê word. Die IVP se woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die party is oop vir ‘n regering van nasionale eenheid, maar omvattende gesprekke is nodig om ‘n weldeurdagte besluit te kan neem, wat nasionale belang en IVP-beleid sal prioritiseer.