Ivoorkus open Afrikabeker-toernooi met oorwinning

Sokker: Die Afrikabeker-toernooi het in Ivoorkus afgeskop met die gasheer wat Guinee-Bissau met 2-0 in Abidjan verslaan het. Seko Fofana van Ivoorkus het die eerste doel binne vier minute na die afskop aangeteken, terwyl Jean-Philippe Krasso se doel in die tweede helfte die oorwinning verseel het. Vandag word drie wedstryde gespeel, met Nigerië wat teen Ekwatoriaal-Guinee te staan kom, Egipte wat met Mosambiek kragte meet en Ghana wat Kaap Verde die stryd aansê. Namibië se Brave Warriors sal hul eerste wedstryd Dinsdagaand speel teen Tunisië.