IUM se Russiese sentrum vorder uitstekend

Namibië se International University of Management en die People’s Friendship University of Russia het in 2018 ‘n sentrum vir Russiese taal en voorgraadse studies by die universiteit in die hoofstad begin. Hierdie projek vorder goed, volgens dr. David Namwandi, die stigter van die instansie. Die projek het ten doel om ‘n Russiese taalonderrig- en leer-omgewing en kulturele uitruil-platform vir Russiese burgers en Namibiërs te bied. Namibiërs wat van voorneme is om in Rusland te studeer, kan nou Russies in Namibië leer voordat hulle vir hul studies in Rusland gaan. Dr. Namwandi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die taalkursus hierdie maand gaan afskop.