IUM se Namwandi praat oor politiek en kampusse
Unam se verbod op politieke aktiwiteite op kampus het sedert Vrydag amok veroorsaak. Eers is ‘n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging deur sekuriteit stopgesit, glo omdat die PDM-parlementslid Inna Hengari ‘n spreker sou wees. Daarna is die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat om met verkiesingsverwante aktiwiteite voort te gaan. Beide die PDM en LPM het die Unam-bestuur van vooroordeel beskuldig. Maandoggend het die twee partye se jeugbevele teen die verbod betoog en Unam se ingange versper. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Namibië, oor die instelling se beleid oor politieke byeenkomste op kampus.