IUM se Alumni-beursprogram soek nog fondse
Die Internasionale Universiteit van Namibië se Alumni-beursprogram sal aan eerstejaarstudente wat vir ‘n enige baccalaureusgraad by die instansie studeer en aan die vereistes voldoen, ‘n voltydse IUM Alumni-beurs bied. Die beurs sal hernu word op grond van die studente se akademiese prestasie. Oorweging sal word gegee aan studente met groter finansiële behoeftes. Daar sal van suksesvolle studente verwag word om vrywillige dienste aan die Kantoor van IUM Alumni-betrekkinge en die universiteit te verskaf vir die duur van die beurs of langer, deur te help met geleenthede, aktiwiteite en projekte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Taleni Matheus, the universiteit se skakelbeampte, wat sê hulle poog nog om genoeg geld in te samel.