IUM open navorsingsentrum op Swakopmund

Die International University of Management se stigter en voorsitter, professor David Namwandi, het die belangrikheid van belegging in navorsing en ontwikkeling beklemtoon. Hy het tydens die sooispit-seremonie vir die IUM Swakopmund se Navorsing-, Opleiding- en Konferensiesentrum gepraat. Die IUM-voorsitter het gesê die sentrum sal daarop fokus om opleiding in navorsing aan te bied en sal ook werk skep. Volgens Namwandi sal die navorsings-, opleiding- en konferensiesentrum, sodra dit voltooi is, fokus op toegepaste navorsing, onder meer om die kus meer aantreklik vir internasionale toeriste en beleggers te maak. Namwandi gesels met Kosmos 94.1 Nuus.