IUM maak e-pos kwessies reg vir voornemende studente

Die International University of Management het begin om terugvoer te gee aan leerders en volwasse studente wat vir verskeie kursusse aansoek gedoen het. Sommige aanvanklike foute in e-pos kommunikasie is reggestel, en alles is nou in plek. Die instelling wag vir die finale Gewone- en AS-vlak-uitslae om die studentelyste vir 2025 te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die IUM-registrateur Dr. Aquilinus Nashilundo gesels, wat ‘n opdatering gee.