IUM: Ekonomiese situasie in ag geneem met registrasiefooi

Die stigter van die International University of Management, dr. David Namwandi, sê die IUM se registrasiefooie vir studente neem die moeilike ekonomiese tye in ag. IUM het die Windhoekse prokureur Sisa Namandje opdrag gegee om te antwoord op eise van aktivis Michael Amushelelo en sy NEFF-party dat registrasiefooie opgehef moet word. Namandje sê Amushelelo het geen basis in die wet om sy eise te stel nie. Dr. Namwandi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.