Itula sê lede van ander partye welkom in sy kabinet
Die IPC se leier, Panduleni Itula, sê indien hy as president verkies word, sal sy Kabinet nie net lede van die party se parlementêre lys bevat nie, maar ook lede van ander partye. Hulle sal egter korrupsie-vry en patrioties genoeg moet wees om te wil saamwerk om die land op te bou. Die party het ‘n “Gaan uit en stem”-verkiesingsveldtog-saamtrek by die Kuisebmond-stadion in Walvisbaai aangebied. Luister self na Itula.