Itula gebruik basiese inkomstetoelaag vir politieke gewin: BIG

Die IPC-leier Panduleni Itula het onlangs aangevoer dat ‘n universele basiese inkomstetoelaag te duur is vir Namibië. Die Basic Income Grant-koalisie, BIG, stem egter nie met sy berekeninge saam nie. Itula het onder andere ‘n bedrag van 1 180 Namibiese dollar as maandelikse toelaag gebruik, en nie 500 dollar soos die koalisie voorstel nie. Hulle voer aan dat ‘n universele basiese inkomstetoelaag bekostigbaar is en goed sal wees vir die ekonomie, aangesien dit plaaslike besighede sal ondersteun. Hulle glo politici moet eerlik wees oor die koste en voordele van so ‘n toelaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rinaani Musutua van BIG-koalisie, wat sê Itula gebruik die toelaag-kwessie vir goedkoop politieke gewin.