ITF gaan Stan Smith vereer
Tennis: Die Internasionale Tennisfederasie gaan die gesogte Philippe Chatrier-prys toeken aan die sewe-malige Grand Slam-kampioen Stan Smith. Dit word beskou as die sport se hoogste eer. Die 75-jarige Amerikaner het die Amerikaanse Ope se enkelspel in 1972 gewen en Wimbledon die volgende jaar, asook vyf Grand Slam-dubbelstitels. Hy het ook van tennis se grootste name afgerig, onder andere Lindsay Davenport, Jennifer Capriati en Michael Chang. Smith was tot verlede jaar tien jaar lank die president van die ITF se Heldesaal.