Italië stuur oorlogskip na Rooisee

Italië stuur ‘n fregat na die Rooisee as deel van internasionale pogings om skepe te beveilig teen missiel- en hommeltuigaanvalle. Amerika het ‘n koalisie van tien lande aangekondig om die aanvalle te keer. Dit bedreig ‘n toevoerroete vir 12 persent van wêreldwye handel. ‘n Verdedigingsbron het nie die moontlikheid uitgesluit dat Italië ook ‘n tweede skip na die gebied sal stuur nie. Die Houthi-rebelle, wat deur Iran gesteun word, het hulle aanvalle op tenk- en vragskepe, asook ander vaartuie, verskerp.