Italië soek Britse man oor beweerde moord op sy vriendin
‘n Vier-en-sewentigjarige Britse man sal aan Italië uitgelewer word waar hy aangekla word van die moord op sy vriendin. Michael Whitbread het glo die 66-jarige Michele Faiers in Oktober verlede jaar vermoor in die huis wat hulle gedeel het in die kusdorp Casoli. Whitbread is in Brittanje aangekeer kort nadat Faiers se liggaam gevind is. Sy prokureur het toe gesê hy het net familielede besoek en was van plan om na Italië terug te keer met die reiskaartjie wat hy gehad het.