Italië is topbestemming vir kinders

Italië is die topbestemming vir kindervriendelike verblyf en meer as 80-persent van sy hotelle is spesifiek op gesinne gemik. Dit is volgens ʼn meningspeiling deur die toeroperateur, Go2Africa. Die land het 3 274 hotelle waaruit toeriste kan kies en dit sluit uitstaande opsies soos Hotel Artemide in Rome in. Brasilië is tweede op die lys met 71,51-persent kindervriendelike hotelle, en Oostenryk is derde. Ander lande onder die top-tien sluit Griekeland, Frankryk, Spanje en Turkye in. Namibië was die vierde beste land in Afrika in die kategorie.