Italianer, 123ste op die ranglys, skakel Djokovic uit
Die kwalifiseerder Luca Nardi het die wêreld nommer een, Novak Djokovic, in die derde ronde van die Indian Wells-ope uitgeskakel. Die 20-jarige Italianer, wat nommer 123 in die wêreld is, het die Serwiër 6-4, 3-6, 6-3 uitgestof in die grootste oorwinning van sy loopbaan. Hy is die laagste geplaaste speler nóg wat Djokovic verslaan in ‘n ATP Meesters Een-duisend- of ‘n Grand Slam-toernooi. Nardi sê hy is geïnspireer deur die onlangse welslae van sy landgenoot, Jannik Sinner: