Italiaanse regering sluit Afrika-beraad af

Die Italiaanse regering sluit die Afrika-beraad in Rome af, met ongeveer 50 afgevaardigdes, hoofsaaklik uit Afrika-nasies, saam met EU-leiers en verteenwoordigers van internasionale organisasies. Die Italiaanse premier Giorgia Meloni sê die beraad se fokus was om Italië se strategiese Mattei-plan voor te lê, vir die hersiening van sy benadering tot Afrika. Die plan, met ‘n geraamde jaarlikse koste van 61 miljoen Namibiese dollar sal oor ‘n tydperk van vier jaar strek, en fokus op energiesamewerking, gesondheidsorg, onderwys, en ekonomiese migrasie-uitdagings.