Italiaanse manspolospan mag nie Wêreldbeker bywoon nie

Die Italiaanse manswaterpolospan is by aanstaande jaar se Wêreldbeker verbied omdat hulle skeidsregters en beamptes aangerand het tydens die Olimpiese Spele in Parys. Die atlete is vir ses maande geskors vir hulle gedrag nadat hulle in die kwarteindstryd teen Hongarye verloor het. Die spelers en afrigter, Alessandro Campagna, het skeidsregters en beamptes agterna in die parkeerterrein van die lokaal aangerand. Dié silwermedaljewenners by die Wêreldbeker verlede jaar is ook deur die Watersport-integriteitseenheid met 877 000 Namibiese dollar beboet.