Itah se huis onder die hamer vir skuld

Die eiendom van die hoër onderwysminister Itah Kandjii-Murangi sal ingevolge ‘n wettige kennisgewing op 30 Januarie opgeveil word om skuld van 3,4 miljoen Namibiese dollar te delg. Die huis, in Hochlandpark is as sekuriteit vir ‘n lening by die Ontwikkelingsbank aangebied. Die lening was vir die minister se Namibia Impact College en is in 2011 gemaak. Die lening is reeds eenkeer herstruktureer na die bank betaling in Augustus 2015 geëis het.