Itah maan studente, tersiêre instellings

Die Namibiese minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi het studente wat aansoek gedoen het vir befondsing by die Namibiese studente hulpfonds gemaan om hul kontrakte te onderteken om so spoedig moontlik betaling te ontvang. Aansoeke sluit op 31 Januarie en voornemende aansoekers moet sorg dat hulle teen die sperdatum alle dokumente ingedien het. Kandjii-Murangi het die aanmerkings gemaak tydens die amptelike opening van die 2023 akademiese jaar. Sy sê die hulpfonds het oor die afgelope vyf jaar, 7 miljard Namibiese dollar in befondsing vir tersiêre onderwys belê. Sy het ook ‘n beroep op tersiêre instellings gedoen om nuwe studente te ondersteun, doeltreffend op te lei en te verseker dat hulle veiligheid op kampus die hoogste aandag geniet.