Israelse tenk skiet eie soldate dood

Vyf Israelse soldate is in Gaza dood en sewe gewond in een van die dodelikste voorvalle van die aard sedert die oorlog in Oktober begin het. Die Israelse media sê die soldate is dood toe hulle per ongeluk deur hulle eie Weermag se tenkvuur getref is. ‘n Aanvanklike ondersoek het bevind die soldate het ‘n gebou in die Jabalia-vlugtelingkamp beset, naby Israelse tenks wat ook in die gebied gestasioneer is. Die tenk-bemannings het ‘n wapen in die gebou geïdentifiseer en twee skote in daardie rigting afgevuur.