Israelse nedersettings ‘’oorlogsmisdaad’’

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Turk, sê Israelse nedersettings in die besette Palestynse gebiede het met ‘n rekordaantal toegeneem en daar is ‘n risiko dat dit enige praktiese moontlikheid van ‘n Palestynse staat kan uitskakel. Turk waarsku, die groei van Israelse nedersettings kom neer op die oordra deur Israel van sy eie bevolking, wat hy benadruk, ‘n oorlogmisdaad is. Die Amerikaanse Biden-administraste het verlede maand gesê die nedersettings is “strydig” met internasionale wette, nadat Israel nuwe behuisingsplanne aangekondig het vir die besette Wesoewer.