Israelse lugaanval sny Libanon van Sirië af

Libanon sê ʼn Israelse lugaanval op die Siriese grens het die belangrikste internasionale deurpad tussen die twee lande afgesny. Die Libanese kus deel ʼn grens met Israel, met wie Hezbollah in ʼn oorlog gewikkel is, asook Sirië, waar tienduisende mense skuiling soek teen die geweld wat oor die land spoel. Volgens Israel gebruik Hezbollah die pad om wapens van sy bondgenoot, Sirië, af oor die grens te bring.