Israelse gyselaar in suide van Gaza gered
‘n Israelse gyselaar, Qaid Farhan Alkadi, is gered in ‘n gesamentlike optrede deur die Israelse Weermag en Shin Bet in die suidelike Gaza-strook. Die 52-jarige, wat 326 dae in aanhouding deurgebring het, is tydens verlede jaar se sewende Oktober-aanval op Israel deur Hamas ontvoer. Alkadi is die agtste gyselaar wat deur Israelse magte gered is sedert die begin van die oorlog in Gaza. Hy is in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal. Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê hulle werk meedoënloos om al die gyselaars te bevry deur middel van onderhandelinge en reddingsoptredes.