Israeliese vegvliegtuie tref oliefasiliteite in Jemen

Israeliese vegvliegtuie het Houthi-militêre teikens naby Jemen se Hodeidah-hawe getref en minstens drie mense gedood en 87 gewond. Dit kom ‘n dag nadat ‘n hommeltuig wat deur die Iran-gesteunde groep gelanseer is, Tel Aviv getref het. Die lugaanvalle het oliefasiliteite en ‘n kragstasie geteiken, sê Al-Masirah TV, die hoof televisie-nuuskanaal wat deur Jemen se Houthi-beweging bestuur word. Burgerlike verdedigingsmagte en brandbestryders probeer om brande in die hawe se olietenks te blus. Die Houthi’s se hoogste politieke raad sê daar sal ‘n “effektiewe reaksie” op die aanval wees.