Israeliese magte skiet nog ‘n Palestynse tiener dood
Israeliese magte het vanoggend ‘n Palestynse tiener doodgeskiet tydens ‘n klopjag in die besette Wesoewer. Volgens die Palestynse ministerie van gesondheid is die 17-jarige Jibril Mohammed Kamal al-Ladaa dood nadat hy in die kop geskiet is. Ses ander is beseer met drie wat kritiek is. Israel se weermag sê gewapende verdagtes het op sy soldate geskiet. Die jongste dodelike klopjag bring die aantal Palestyne wat tot dusver vanjaar in die Israel-Palestynse konflik gesterf het, op 101 te staan.